1. EN ná verloop van ’n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek.
2. En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan ’n talent goud was; en daarin was ’n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het ’n baie groot buit van die stad uitgebring.