1 Kronieke 11:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE kom die hele Israel by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees.

2. Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit- en ingelei; en die Here u God het aan u gesê: Jý moet my volk Israel oppas, en jý moet ’n vors wees oor my volk Israel.

3. So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle ’n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die Here, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die Here deur die diens van Samuel.

1 Kronieke 11