25. En elkeen wat aan ’n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om ’n verwelklike krans te ontvang, maar ons ’n onverwelklike.
26. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.
27. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.