1 Konings 16:32-34 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. en vir Baäl ’n altaar opgerig in die huis van Baäl wat hy in Samaría gebou het.

33. Ook het Agab die heilige boomstam gemaak, en Agab het nog meer gedoen om die Here, die God van Israel, te terg as al die konings van Israel, sy voorgangers.

34. In sy dae het Hiël, van Bet-el, Jérigo opgebou; ten koste van Abíram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die woord van die Here wat Hy deur die diens van Josua, die seun van Nun, gespreek het.

1 Konings 16