1. EN in die agttiende jaar van koning Jeróbeam, die seun van Nebat, het Abía oor Juda koning geword.
2. Hy het drie jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Máäga, die dogter van Abísalom.
3. En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met die Here sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.