1 Konings 12:32-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

32. En Jeróbeam het ’n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.

33. En hy het geklim op die altaar wat hy in Bet-el gemaak het, op die vyftiende dag in die agtste maand, in die maand wat hy uit sy eie hart versin het, en vir die kinders van Israel ’n fees ingestel en op die altaar geklim om offerrook te laat opgaan.

1 Konings 12