10. Verder het sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud en ’n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so ’n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.
11. Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir ’n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring.
12. En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die huis van die Here en die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie.