1 Konings 10:1-2 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die Here, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.

2. En sy het na Jerusalem gekom met ’n baie groot trek, met kamele wat speserye en ’n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.

1 Konings 10