1 Johannes 2:4-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Hy wat sê: Ek ken Hom — en sy gebooie nie bewaar nie — is ’n leuenaar en in hom is die waarheid nie.

5. Maar elkeen wat sy woord bewaar, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.

6. Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.

7. Broeders, dit is geen nuwe gebod wat ek aan julle skryf nie, maar ’n ou gebod wat julle van die begin af gehad het. Die ou gebod is die woord wat julle van die begin af gehoor het.

8. En tog skryf ek aan julle ’n nuwe gebod wat waar is in Hom en in julle, want die duisternis gaan verby en die waaragtige lig skyn alreeds.

1 Johannes 2